Share

praagpotgooi
Dan Roodt: 29 Mei: Om te stem of nie te stem nie
Season 1, Ep. 2
•
Dan Roodt verduidelik waarom die idee dat daar politieke verandering deur die stembus gaan kom, misplaas is. Hy vra ook die vraag of Afrikaners nie vir die EFF behoort te stem nie, aangesien dit dalk 'n beter "strategiese stem" as een vir die DA sou wees.
More episodes
View all episodes

4. Afrikanerverdrag of Afrikanerverraad?
37:44||Season 1, Ep. 4Dan Roodt en Gustav Venter bespreek die hewige polemiek wat daar rondom die Afrikanerverklaring deur Theuns Eloff en Solidariteit losgebars het. Wat motiveer die kritici daarvan en kan die Afrikaner net uit Suid-Afrika verdwyn soos hulle blykbaar bepleit? En kan die verklaring as 'n grondverskuiwing sedert 1994 gesien word?
3. Dan en Karin Roodt: Amerika dreig vir Sjina af
01:04:35||Season 1, Ep. 3Terwyl konflik in die wêreld eskaleer, sowel in die Midde-Ooste as in Oekraïne en Europa, wil die VSA 'n derde front teen Sjina open. So pas het die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Anthony Blinken, die Sjinese leier Xi Jinping in Beijing gaan afdreig. In Amerika self is kampusse en rep en roer oor die Gasastrook en dit wil lyk asof die betogings teen die Viëtnamoorlog van destyds vandag herhaal word met betrekking tot Israel en by uitbreiding Amerika, se optrede teen Palestynse burgerlikes in Gasa. In Suid-Afrika herdenk ons vandag "30 jaar van demokrasie", maar die ontnugtering is groot, selfs by die linkse media wat destyds in die voorste linies teen die vorige bewind geveg het.
1. Dan en Karin Roodt: Die konflik in die Midde-Ooste
36:27||Season 1, Ep. 1