{"version":"1.0","type":"rich","provider_name":"Acast","provider_url":"https://acast.com","height":250,"width":700,"html":"<iframe src=\"https://embed.acast.com/$/5b06dde1a50ff78447fed342/5b91705f4bc5594b3902af0d?\" frameBorder=\"0\" width=\"700\" height=\"250\">","title":"Wat het met Bubbles Schroeder gebeur?","thumbnail_width":200,"thumbnail_height":200,"thumbnail_url":"https://open-images.acast.com/shows/5b06dde1a50ff78447fed342/1538478986048-7f3ed0aadf3a27618fb309223f8bfd42.jpeg?height=200","description":"
'n Dossier-episode
Suid-Afrika is ŉ land wat swaar onder misdaad gebuk gaan. Dit is nie ŉ onlangse verskynsel nie. Suid-Afrika het ŉ misdaadgeskiedenis wat selfs eeue terug in die verlede strek. Met hierdie nuwe reeks, Dossier, wil Eensgesind die stories agter bekende, en dalk nie so bekend nie, sake vertel. Ons eerste episode handel oor die Jacoba “Bubbles” Schroeder-saak.
In 1949 was Bubbles Schroeder ŉ jong meisie in Johannesburg wat haar jongmenslewe geniet het. Sy het niemand enige kwaad aangedoen nie. Sy was altyd lus vir ŉ partytjie en was baie gesteld op haar voorkoms. Sy was aantreklik en het die belangstelling van die kêrels (oud en jonk) geniet.
Nadat haar verhouding met Phillip Stein, ŉ 54-jarige besigheidsman, op die rotse geloop het, het sy meer tyd met Morris Bilchik begin spandeer, wat haar ouderdomsgenoot was. Dit sou egter David Polliack en Hyman Liebman, Bilchik se maats, wees wat haar ondergang sou bewerkstellig. Hoe? Luister saam na hierdie eerste episode van Dossier.
","author_name":"Eensgesind Klanklêers"}